Grys Afgrond
Soos strome klots oor klippe,
van vinnig-vloeieinde rivier,
kronkelend deur klowe,
in malende massa,
oor waterval se rant stort,
om as skuimende maalkolk,
weer onder dowwer te word.
Dan rustig verder voortvloei,
tussen geil groen oewerbank,
selfgevormde weg vind,
tot by die oopmond wag,
van massiewe oseaan.
So ook ons lewenswandel,
oor rowwe rotse ploeter,
wat skerp oor ons weë wag,
hoë berge en pieke aanpak,
tot ons eie afgrond bereik,
wat soms onoorkombaar lyk.
Daar waar ons opnuut weer vind,
ons pad is lank reeds uitgelê,
hou ons, ons starende blind,
want volg net die korrekte pad,
wat jou gewaarborg onomwonde,
na Sy wye Koninkryk sal vat.