Vasgevang
in geborgenheid van die goue uur
wasem jy towerstof asem
teen wande van my hart se muur
met fiktiewe perfekte hartjies
trek jou krom vinger, tog sekuur
versteend, verslae, verlate, verstom
sluit ek ooglede en laat my hoof hang
want in hierdie oomblik ...nou ... vasgevang