Slapende Skone
Voor my oë en onder my voete lê neffens Riversdal
die ruwe rotse breed en bruin,
deurmekaar en opgestapel
op ou Langeberg se kruin
en krans en hang en kloof
se skadu’s sluier om haar hoof
en van die heuwels aan sy voet
tussen fynbos, struik en druppels dou
merk jy nie wat hy verborge,
op die kimlyn dig versluier hou,
maar stap nog weg, kyk om, en
soos ‘n meisie in haar drome
sien jy, ge-ets in die berg se lyn
die ewig-pragtige, Slapende Skone.