Sagkens woorde repeteer
Wanneer kersvlam krul-kromtrek,
flikkerbeelde sag nadersluip,
op riffels van klipmuur kom dans,
word tere trane van vele vreugde,
wat vrylik rondomtalie ontsnap,
in snikkende stortreën uitgetap.
Hul word vloeiend verswelg,
deur ru-vesel in vel papier,
wanneer hartseer van gister,
vandag se drome inhibeer,
soos sy staar na die lawe- lig,
fluisterend sy woorde repeteer.