If you have javascript turned off you may have problems accessing the (pulldown) menu on this site. If this is the case, you may access all the pages through the "Sitemap" which can be found on the top right of each single page. Thank you!

Albert en Rina se Verhouding

    Hallo Albert, hoe gaan dit met jou?

    Môre Rina.  Nag...ja, gewoonlik sê ek dat dit baie goed gaan, maar ek kan dit nie vandag sê nie.  Dit gaan eintlik nie so goed nie.  En met jou?

    Ag Albert, jy weet mos dit gaan altyd goed met my.  Maar sê my man, wat is jou probleem?

    Wel, jy sien, ek het eintlik twee probleme, maar laat ek vir jou eers vertel van die eerste probleem.  Man, dit is my gesondheid.

      Haai! Ek het nooit geweet jy het gesondheidsprobleme nie.  Wat is fout?

    Wel, jy sien..um...ek is al gewoonlik 'n baie gesonde man.  Maar tans het ek nou regte probleme met my gesondheid, jy sien.  Jy weet, ek het 'n verkoue gehad, en my neus was toe, en my neus het geloop, en ek moet die hele dag deur my neus blaas.  Ag!  Dit was so sleg, en toe begin ek hoes.  Nou, ek hoes nooit nie... (hoes hoes)...Verskoon my asseblief..(hoes hoes)..Jy sien, en um....met hierdie hoes wat toe bykom en my neus wat toe is, toe besef ek "Nee, dit is nie meer 'n verkoue nie.  Hier is iets anders aan die gang."  En toe begin ek 'n hoofpyn kry, en my keel word seer, en dit is toe nou daar wat ek sê, "Ek moet dokter toe gaan."  Ja, ek het toe dokter toe gegaan, en die dokter het my ondersoek, en die dokter het vir my gesê, "Luister Albert, ek dink definitief dat jy 'n siek man is.  Dit is nie 'n verkoue nie.  Hierdie is nie griep nie.  Jy het longontsteking."  En ek sê vir die dokter, "Maar my magtig dokter, ek het nog nooit in my lewe longontsteking gehad nie.  Wat se nonsens is dit hierdie?  En die dokter sê vir my, "Luister Albert, jy het miskien nog nooit longontsteking gehad nie, maar nou het jy dit.  So, jy gaan medisyne moet drink, en jy sal in die bed moet bly.  Jy gaan vir 'n week in die bed moet bly."En ek sê vir die dokter, "Maar my dokter, ek kan moes nou nie vir 'n week in die bed bly nie.  Ek is 'n baie besige man.  Ek het baie werk jy sien, en dit gaan nou vir my regtig moeilik wees om vir 'n week plat te lê in die bed."Die dokter sê, "Wel, Albert, dan is jou keuse baie eenvoudig.  As jy nie in die bed wil bly nie, kan jy in die graf gaan lê.""Maar dokter, asseblief, moet nou nie so drasties wees nie!""Nee, Albert, dit is hoe dit is," het die dokter vir my gesê.Wel, jy sien Rina..um..dis nou maar net so.  Ek het nou longontsteking, en dit is hoekom ek jou gebel het, en vir jou gevra het om vir my te kom hallo sê.  Want ek lê nou al hier vir 'n week in die bed, en ek is nog nie beter nie, en ek weet nou nie wat om te doen nie.  En nou soek ek 'n vriend om bietjie met my te praat, jy sien."    O Albert, ek is so bly dat jy het my gevra om te kom kuier. Jy sien, ek sal jou baie graag wou help, en ek sal vandag vir jou kos maak, so....maar sê vir my.  Jy het vir my gesê daar is twee dinge wat fout is.  Nou wat is die ander ding?

    Wel Rina, ek wil jou nou nie met al my probleme belas nie, maar...um...aangesien jy nou vra wat die ander probleem is...net 'n oomblik (hoes hoes)...hierdie hoes, en hierdie..ag..my keel is seer en my longe brand.  Ek weet nie wat die probleem is nie.  Maar geluk..geluk..verskoon my Rina...maar gelukkig het ek nou nie 'n hoofpyn vandag nie, jy sien.  So ek is eintlik baie gelukkig.

    O Albert, luister.  Moet ek nie gou vir jou 'n bietjie medisyne gaan haal nie?    Nee, nee, nee, dit is in order, dankie Rina.  Ek het vanoggend vroeg my medisyne gedrink en...so ek voel baie beter, dankie.  Dit is nou maar net ek moet stil lê in die bed, en wag dat die siekte verby gaan.

    Maar Albert, 'n siekte sal nie net verby gaan nie.  Jy moet iets daar omtrent doen!     Ja ek weet, Rina, maar luister, ek doen alles wat ek kan so....baie danke vir jou aanbod, maar..um...daar is nou nie baie wat ek kan doen nie.  Ek moet maar nou stil lê en doen soos wat die dokter sê, jy sien.. Vir die eerste twee dae van my siekte, na ek die dokter besoek het, het ek rondgeloop en nog gewerk, en dit het nie gehelp nie, jy sien.  Toe het ek baie baie siek geword, en dit is hoekom ek nou in die bed lê.  As ek vir die dokter geluister het, sou ek nou gesond gewees het, maar nee, ek het nie vir die dokter geluister nie en nou is ek nie gesond nie.  Maar, in elk geval, jy het vir my gevra wat die ander probleem is.  Wel, jy sien, jy weet ek het mos 'n baie oulike nooientjie gehad, Sarita.  Onthou jy?    O ja, Sarita.  So vriendelike meisie.  Nou sê vir my wat het daar met julle gebeur?  Um... is daar 'n probleem?

    Ja, jy sien..um..nou dat ek so siek is, nou weet Sarita nie meer so mooi nie, jy sien.  Sarita het nou die dag my gebel, en sy het vir my gesê, "Albert, ek hoor jy is 'n siek man."  Toe sê ek, "Ja, Sarita"....verskoon my..(Hoes)..Toe sê ek, "Sarita, ek is 'n siek man, en jy moet vir my kom kuier, en kom help asseblief.  Ek is die heel dag in die bed, en dit gaan nie so goed nie."En Sarita het vir my gesê, "Luister Albert.  Ek wil nie met 'n siek man trou nie, so ek dink dit is die einde van ons verhouding hierdie."  En ek het vir haar gesê, "Sarita, maar my magtig man!  Wat is jou probleem?  Ek kan nie help dat ek is siek nie.  Ons almal word siek.  Jy sal ook eendag siek word, en dan moet ek jou ook hulp."  En Sarita het vir my gesê, "Ja, maar dit sal nie longontsteking wees nie." Wel, Sarita het besluit om te loop, en dit is die einde van ons verhouding.  Sy het my nog nie meer gebel nie, en ek gaan haar ook nie bel nie, en sy kan nou doen wat sy wil.  Sy sou 'n baie goeie vrou vir my gewees het en ek is seker ons sou 'n baie goeie vriendskap en 'n goeie verhouding gehad het.  En ek sou baie graag met haar wou trou, maar dit kan nou nie so wees nie want Sarita wil dit nie so hê nie, en aangesien Sarita dit nie so wil hê nie, is dit nie.  Nou luister, Rina, jy sien...um...jy is nog (hoes) altyd 'n goeie vriendin van my, jy sien...

    Ja Albert, is daar enige iets wat ek vir jou kan doen, Albert? Luister, kom ek haal vir jou gou die medisyne...    Nee, nee, nee, nee, nee, nee, nee, nee, nee!

    Dis in orde, Rina.  Jy hoef nie vir my die medisyne te gaan haal nie.  Soos ek sê, ek het vanoggend vroeg my medisyne gedrink.  Maar ek wil oor 'n baie ernstige saak met jou praat, jy sien....

    Maar Albert..um..luister..um..Jong!  Dit is al laat!  Ek sal moet gaan....

    Luister..um..Rina..um kan jy nog net so drie minute met my spandeer, asseblief?    Er...ja...er..goed, as jy so vra Albert.  Ja, ek kan nog 'n paar minute hier by jou bly.    Um... luister Rina.  Ek het nou baie mooi oor die saak gedink..um..ek en jy kom al 'n lang pad saam.  Jy sien, ek het daaraan gedink.  Ons het saam grootgeword.  Toe ons kleuters was, voor laerskool, het ons saam gespeel.  Ons was saam op laerskool...    Ja, dit was wonderlike jare, was dit nie?

    Ja, luister Rina..um..en ons was saam op hoërskool, saam matrikuleer.  Onthou jy ons lekker dae hier op die Universiteit?  En nou is dit amper verby, dit is my laaste jaar hier by die Universiteit.  En jy is ook amper klaar met jou universitêre opleiding.  Wel, Rina, jy is my beste vriendin.  Weet jy dit?

    O Albert!  Dit is so vriendelik van jou om dit te sê!  Jy weet, ek dink ook jy is ook my beste vriend.  Ek moet eerlik wees...nou is ek skoon skaam...

    Luister Rina, ek wil jou vra of jy met my sal trou.

    O Albert!  Ek het nooit gedink jy sou my vra nie!  (Huil)  Albert, dit is vir my so 'n wonderlike oomblik.  Ja!  Ek sal graag met jou trou.  Ek dink jy is die wonderlikste man op aarde!

     O Rina, dit is nou regtig mooi van jou om dit te sê.  Baie dankie.  Maar u weet?  Dit het vir my nou hierdie krisis in my lewe gevat dat ek kon besef dat ek moet met my beste vriendin trou, en nie vir iemand anders soek nie.  So, Rina, hoe lyk dit as ons in so twee weke trou?

    O nee, Albert!  Dit is te vroeg.  Definitief te vroeg.   Kom ons maak dit oor so, drie maande.

     Maar..um..ek dog jy is lief vir my, en dat jy ja gesê het en dat jy met my wou trou, nou wat is nou die probleem?    Maar Albert, 'n mens kan nie net sommer so trou nie.  Daar is baie dinge om te doen.    Luister Rina.  Ons maak dit dan drie weke.  Hoe lyk dit?

    Albert, ek het gesê twee maande.  Ek bedoel twee maande!    Luister.  As jy nie oor twee of drie weke wil trou nie, dan is dit ook verby.    Goed dan, as jy so wil wees, dan is dit so.  Ek gaan nie oor twee weke trou nie, en dit is klaar.    En ek gaan nie oor twee..drie..twee maande trou nie, en dan is dit ook klaar!    Goed dan.  Jy kan siek wees, dit is goed.  Ek gaan nou loop.  En ek moet nou gaan.  Totsiens!