Die Meerminne
Onder in die diep blou see,
Waar vissies rond baljaar,
Woon die fraaiste meerminne
Tussen rotse daar.
Soms in die helder sonneskyn
Sit hulle see-gras vleg,
Of lange lokke uit te kam,
Of swem met vissies weg.
Hulle swem na verre eilande,
Waar palm-bome staan:
Daar sit hulle op die rotse sing
Onder die silwermaan.
Sterk matrose is regtig bang,
As hulle die stemme hoor;
Want, word hulle op die rots gelok,
Sal hulle die skip verloor!