Vra my dit
Vra my nie
My verdraagsaamheid -
dis in ‘n put gedompel,
na ’n vreedsame land,
se helse verdeeldheid.
Vra my nie
my geduld en hoop -
dit het verlore geraak,
want ek is totaal kaal,
van menswees gestroop.
Vra my nie
my skatte wat blink -
krummels word gevreet,
neffens kerkmuis in spleet,
want die bo-wêreld stink.
Vra my wel
My vrede en geloof -
want my lewenstou,
is stewig geknoop,
in Sy Hand van Hoop,
niemand maar niemand,
kan my daarvan stroop.