Bitterbessie Grys Beloftes
Bitterbessie grys beloftes,
in ’n laning in ’n ry,
word gepluk, gestroop,
onge-orden gestapel,
op vuurwa van hoop.
Onnet – onbeplan.
in grys sakke verseël.
om aan oorversadig,
emosievolle mark,
wild en wakker,
voetstoots uit te deel.
Sou jy dan besluit,
om dit spotgoedkoop,
in ontvangs te neem,
weet dit vir ‘n feit,
jou totale menswees,
word kaalgestroop.