Kom Gee
Jou lag is kristalwater.
Jou oë se poele blou
gee vonkel aan my oggend
en sprankel aan die dou.
Eendag sal ons saamwees
en deel al wat ons het –
die lag en dalk ook hartseer
die drome en die pret.
Kom gee vir my jou lewe
en gee my ook jou hart.
Dan loop ons hierbenede se paaie
hand in hand
totdat ons eendag uitstap
op God se goue strand.